Geverifieerde Resensie
Swellendam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Swellendam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 774 resensies.
"Swellendam is 'n pragtige dorp met soveel goeie restaurante, dat dit moeilik is om te kies. Vir die heel beste dun pizzas, gaan na Woodpecker! Die Winter School projek het soveel interessante kulturele werkswinkels en klasse dat 'n mens kan kies en keur! "
"Mooi dorpie. Ongelukkig kon ons nie baie tyd in die dorpie self spandeer het nie. Mense was vriendelik."
"Baie meer te doen as wat mens dink! Naweek te kort gevoel! Pragtige dorpie met lekker geskiedenis en die lekkerste koffie by Ikigai!"
"We absolutely love the Around the Pot cycling event that is hosted yearly in this beautiful town."
"Pragtige omgewing met vriendelike mense. Die natuurliefhebber sal Swellendam vir niks anders verruil nie."
"Die dorp het 'n baie interessante geskiedenis en daar is ook verskeie goeie restaurante in die dorp. Daar is ook verskeie, goeie wynplase in die omgewing en die Tradouwpas is pragtig en 'n fees om te ry! "
"Miskien nie vir ouers met tieners, vir ons wat 60 plus is was absoluut wonderlik."
"Pragtige dorp met baie restaurante en gastehuise. Almal is vriendelik - wens ons kon nog 3 dae langer bly om die dorp en omgewing te verken."
"Swellendam is eintlik baie mooi en so groot. Daar is van alles wat nodig is."
"Ons oorweeg dit baie sterk as permanente tuiste. Dis 'n pragtige, skoon goed versorgde dorp."
"Ou historiese dorp met baie te sien en te besoek. Baie omliggende dorpe in nabye omgewing met baie toeriste-besienswaardighede."
"Heelwat te sien en te doen in die dorp en omgewing. Sal daarom aanbeveel dat mens langer oorbly as een nag."
"As daar 'n TV is sal dit beter wees, maar verder is daar nie enige iets kort nie."
"Nice town with historic buildings around the Drostdy house/museum. Bontebok NP also worth visiting."
"Baie mooi skoon dorpie. Sal weer graag wil kom draai, aangesien my tydjie net te kort was. Ek het baie tyd by Braeside Gastehuis spandeer om voor te berei vir troue - lieflike mooi plek. En dan daardie baie mooi wit NG kerk in die dorp - priceless! Baie oulike winkels ook."