Geverifieerde Resensie
Wakkerstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wakkerstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 343 resensies.
"The community is so friendly, please support the restaurants and little shops, we did! Enjoy the endless birding and exploring opportunities. Beware you may never leave."
"Wakkerstroom is 'n baie gewilde voëlkykarea. Die pragtige en interessante winkeltjies en restaurante kan talle persone vir 'n hele rukkie besig hou."
"Wakkerstroom is 'n klein, historiese dorpie met mense wat nog omgee om die omgewing skoon te hou, en mekaar te help. Moet nie 'n 'inkopie avontuur' verwag nie, maar pragtige natuurskoon en heerlike buitelewe-aktiwiteite."
"As jy tuis wil wees of voel op 'n vakansie is dit beslis die plek om heen te gaan."
"Dit is 'n pragtige dorpie met baie natuurskoon, stories en karakter, wat nie gekommersialiseer moet word nie, dit sal sy juweel verloor."
"Wakkerstroom is pragtig, dit was ons eerste keer op die mooi dorpie en wat 'n verrassing was dit nie gewees nie. Baie bly ons het die dorp besoek. "
"Wakkerstroom is 'n baie aangename plek om te kuier. Het die kaasfabriek besoek, bakkery se brode uit die boonste rakke. De Oude Stasie se kos was heerlik en baie goedkoop. Heerlike ontbyt gehad by Wakkerstroom Hotel."
"Wakkerstroom is vir seker die rustigste, mooiste, skoonste dorpie wat ek ooit gesien het. Almal is vriendelik, een groot familie!"
"As jy wil rus, lekker eet in intieme restaurantjies en die mense se spontane vriendelikheid geniet, gaan Wakkerstroom toe. As jy wil jôl, nie vir jou nie. "
"Baie oulike kontreidorpie wat besoekers weer laat kom kuier."
"Heerlike wegbreek vir 'n naweek weg van die stad. Baie lekker restaurante, staproetes en grondpaaie vir fietsry. "
"I rate Wakkerstroom 5 stars from a birding perspective, also 5 stars for Thyme Out Restaurant. A gem to be explored by all."