Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Desembermaand was baie winderig. Ons hou van stap en het elke oggend van die huis af tot by Shelley Point gestap (sowat 10 km). Die reën het ons selfs een oggend gevang. Dit het ons nie gepla nie, vir sulke dae was die DSTV 'n absolute bonus. Baie mense het seker vir Kersfees "drones" gekry, gedurig op en af langs die strand en oor ons koppe. Dit was nogals irriterend. Vreeslik baie honde wat nie op leibande was nie, al is daar 'n kennisgewingbord wat sê dat dit noodsaaklik is! Baie ouers met klein kinders op die strand moes honde van hul kinders af wegjaag. 'n Vrou wie se hond op 'n leiband was, was op haar hande gebyt toe sy haar hondjie wou beskerm teen groter honde. Daar is ongelukkig geen mense met wetstoepassing teenwoordig om die publiek te beskerm teen loshardlopende honde langs Golden Mile-strand of om die eienaars boetes op te lê nie."
"Prince Albert was 'n verrassing. 'n Pragtige dorpie wat weggesteek is tussen die berge."
"Net bedoel vir oornag, maar probeer gerus die 4 Sheep Restaurant, dis die moeite werd!"
"Sentraal en rustig. Besienswaardighede maklik bereikbaar. Skoon en netjiese omgewing."
"Met verskeie geleenthede besoek en in die proses om 'n eiendom in De Rust aan te koop. "
"Ek sal altyd weer hier oornag op toekomstige reise. Meiringspoort is asemrowend - werlik iets om te sien. Daar is heelwat om te sien en te doen in De Rust - gaan loer in."
"Lekker geëet by Seagulls Restaurant. The Wine Boutique en Suidpunt Potpourri is ook tops! "
"Ek is mal oor Kleinbaai en sy mense, en het die walviskyk-trippie verskriklik geniet!"
"Hermanus is 'n skoon en rustige sielsplek - 'n stukkie hemel op aarde. Ons gaan weer kom besoek aflê in Hermanus."
"Langebaan is altyd 'n lekker vakansiebestemming. Ons kom volgende jaar beslis weer!"
"'n Pragtige, skoon dorp vol onverwagse verrassings en in 'n pragtige omgewing."
"At least there must be big shops or restaurants like Wimpy and shops like Shoprite and Pick n Pay."
"Only 20 minutes from V&A. Beautiful beaches 7 minutes drive."