Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Almal sal seker nie so ver van alles af wil wees vir vakansie nie, want dit is nie loop afstand van die see af nie maar ons het die rustigheid van Island View geniet. Baie skoon, rustige en netjiese area."
"Dit is baie stil en rustig, en die wat regtig wil rus, hierdie is die plek. Ongelukkig is daar nie 'n swemstrand nie, maar dan was dit ook nie meer rustig nie."
"Ons het die Kango-grotte en Cango Wildlife Reserve besoek en beide was wêreldklas! Ek is net jammer ons kon nie langer bly nie!"
"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."
"Ongelukkig het ons by die strand gesien hoe mense gearresteer word vir perlemoen stropery. Daardie nag was daar ook 'n inwoner in die woonstelblok geroof. Dit was so bietjie onstellend. Andersins was die strand pragtig, dalk nie genoeg goeie restaurante nie. Die een restaurant wat oor die see is, was baie teleurstellend. "
"Dit was die eerste keer dat ons daar was en moet eenvoudig weer gaan om alles te verken wat ons nie nou tyd voor gehad het nie."
"Langebaan is 'n puik area om in vakansie te gaan hou en heerlik te ontspan. Inwoners daar is baie vriendelik en baie behulpsaam. Sal enige tyd graag weer wil gaan."
"Gaan gou, moenie wag nie! Jy sal nie spyt wees nie. Rustig, stil, skoon mooi dorpie met aangename mense. Mens kan werklik uitrus daar."
"Baie mooi kusdorp, die Dias Museum, Santos Strand, The Point, is alles plekke om te verken en te geniet by die see. Mosselbaai is 'n lieflike dorp en daar is vreeslike mooi Antiques by Steyn's. Die heerlikste roosterkoek en spareribs kos geëet by Kaai for Braai. "
"Geen seekos of groot restaurante naby. Geen aanwysings na The Heads of toeriste aantreklikhede. Trokke op hoofpad is nogal steurend."
"Dit is 'n asemrowende mooi area van die Wes-Kaap, maar ek sal aanraai dat mense in die stil seisoen gaan. Die res van die besiger seisoene buit Knysna toeriste en selfs "locals" uit met opgestote pryse en 'n onwelkome atmosfeer deur die hele dorp. "
"The Island is by far the best place I've been in South Africa. Felt like our own piece of heaven in South Africa."
"Ons besoek aan die Kaap was 'n eerste en Bettysbaai was ideaal geleë om baie verskillende plekke te besoek en dis nie te ver om te ry nie. Rustige, stil dorp en vir iemand wat moeg is vir die stadslewe en rustig wil raak in jouself is die dorpie ideaal. Netjies en skoon."