Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Gauteng

10 vinnige naweekwegbreke in Gauteng!

Almal weet hoe ’n reusestad jou hele lewe kan insluk. Pretoria en Johannesburg is twee van die grootste stede in Suid-Afrika en dit is geen wonder dat hul inwoners soms net ’n bietjie uit hul betonkloue wil ontsnap nie. Die stadslewe is ’n dol affêre, gevul met elektriese lig, loeiende sirenes, huisalarms, motorenjins wat brul […]

’n Romantiese wegbreekplek in elke provinsie …

Die winkelvensters is in rooi getooi en orals word rose en sjokolade teen afslagpryse verkoop. Jy lees reg – dis wraggies alweer Valentynstyd! Bederf jou liefie met ’n lekke romantiese wegbreek. Ons het die laaste paar beskikbare plekkies in jou provinsie opgespoor. Kliek op die foto’s en bespreek sommer nou! So … waarheen gaan jy […]

As ek moeg word vir die lewe in die stad …

As ek moeg word vir die lewe in die stad, lok my die wandelpad; in die veld pluk ek ’n wandelstaf van die naaste doringboompie af, en sing my wandellied, en sing my wandellied. So lui die Afrikaanse volksliedjie wat die meeste van ons uit ons kinderdae onthou. Die nuwe jaar is hier en alhoewel […]

Lekke partytjie-idees vir Oujaarsaand

Is jy op soek na ’n lekke partytjie of musiekkonsert om die Nuwejaar in te wy? Ons het ’n lys van die top-doendinge vir Oujaarsaand en Nuwejaarsnaweek regoor Suid-Afrika opgestel! Kirstenbosch Nuwejaarsvertoning Kaapstad, Wes-Kaap Vanjaar se Nuwejaarskonsert in die Kirstenbosch Botaniese Tuine beloof om weereens gróót te wees. Vanjaar tree Grassy Spark en Jeremy Loops […]

’n Padstal in elke Provinsie!

Wees gerus dié vakansie (maak nie saak waarheen jy op pad is nie), want ons het van die beste en oulikste padstalle in elke provinsie namens jou gaan opspoor! Dit is Desember en die motor is klaar swaar gelaai … Die kinders trek lootjies om te sien wie in die middel moet sit, mamma rits […]

10 See-uitsigte wat jou in die vakansiebui sal kry

Raak die jaar nou ’n bietjie te lank in die tand vir jou? Voel dit vir jou asof die laaste paar weke by die werk net nie wil klaarkry nie? Rol af en kyk na pragfoto’s van ons land se gewildste somervakansieplekke. Ontvlug vir ’n oomblik! Amanzimtoti Die uitsig vanaf 608 L’Escalier Cabanas by Amanzimtoti. […]

Familie-vakansies

Hier by LekkeSlaap glo ons in familie, maar ons besef ook dat dit soms moeilik is om ’n plek met genoeg doendinge vir die hele gesin op te spoor. Ons het ’n paar lekke plekke in elke provinsie gaan soek wat spesiaal ingerig is om elkeen in jou gesin gelukkig te hou! Die fokus is juis […]

Vuurwarm kerrie teen die winterkoue

In Tamil is dit kari, in Engels rym dit met hurry en volgens baie Boere móét dit by ʼn kerkbasaar saam met Tastic-rys bedien en met gemmerbier afgesluk word. Maar as ʼn mens bietjie in die verlede gaan delf of bereid is om ʼn entjie te ry, besef ʼn mens gou kerrie kom al ʼn ver pad en het meer […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang