Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

Volstruisparadys: 7 redes om Oudtshoorn te besoek

“Klein-Karoo, verre land van verlatenheid … Klein-Karoo, waar die Swartberge troon …” ─ Groep Twee (Sias Reinecke en Gert van Tonder) Lank, lank gelede, voor vinnige plat voertuie en internet-modes, was ’n volstruisveer in jou hoed hoogmode! Dié spoggerige vere is destyds wêreldwyd versprei en het selfs koninklikes se hoofde getooi. ’n Volstruis is egter […]

6 Spoggerige spa-wegbreke in die Wynlande

Maak die daaglikse geswoeg by die werk jou moeg? Of wil jy dalk net jou en jou liefling bederf? Lees dan verder, want LekkeSlaap het ses spoggerige wynplase gekies waar jy in weelde kan slaap, topwyn kan proe én heerlike spa-behandelings kan geniet! Santé Hotel & Spa, Paarl ’n Opwindende avontuur wag op jou by Santé […]

Besoek dié 10 Vuurtorings in SA!

Seemonsters, sirenes en ’n plat wêreld ─ dit was beslis nie maklik om in die Middeleeue ’n matroos te wees nie! Suid-Afrika se 3000 kilometer lange kuslyn was tydens dié tydperk ook taamlik onbekend en die ruwe rotse en sterk seestrome het menige seevaarder se vernuf tot die uiterste beproef. Meer as 200 skepe het […]

Slaap op Stelte: 15 Hemelse Houthuise in die Wes-Kaap

Droom jy van ’n vakansie wat jou laat voel of jy bo die gewoel van die alledaagse lewe sweef? Of is dit net hóógtyd om jou huis vir ’n romantiese nessie in die natuur te verruil? Dan het LekkeSlaap nét die ding vir jou ─ 15 hemelse houthuise op stelte met spogliggings in die Wes-Kaap! […]

Smul by dié 7 stasie-restaurante

Verlang jy na die dae van aansit vir ete op ’n trein, die oorverdowende fluit van een wat nader kom, of dalk die geluid van die wiele wat kap-kap onder jou sitplek? Goeie nuus: LekkeSlaap het ontdek waar jy dit en nog meer weer kan beleef. Ons wys jou waar jy weer op die perron […]

Kom ons besing ons land se strande …

Dis maklik om ons land se skilderagtige strande in ons ryke taal te besing ─ van Paternoster tot Plettenbergbaai raak bekende Afrikaanse sangers liries oor sand en see. Soms bring die oseaan verlange, maar meestal is die strand propvol pret en plesier. Daarom het LekkeSlaap vyf gewilde strande gekies wat in keurige Afrikaanse lirieke beskryf […]

Valskermsweef hiér!

Nuwejaar is ’n tyd vir nuwe uitdagings. Suid-Afrika se oorrompelende natuurskoon en uiteenlopende landskappe bied legio avontuurgeleenthede: van 4×4 tot rotsklim, van surf tot abseil, van bergklim tot riviervlotvaart, om nie eens te praat van perdry-safari’s en haaihokduik nie. Maar daar is ’n minder bekende sport wat besig is om al hoe gewilder te word […]

’n Blink toekoms wink vir dié toeristedorpies

Soos gesien op Maroela Media. Volgens die skaduminister van toerisme, James Vos, is die wenresep vir ’n suksesvolle toerismebestemming ’n kombinasie van die dorp se omgewing, besienswaardighede, kultuur, geskiedenis, vriendelike inwoners en, natuurlik, bemarking. Suid-Afrika is deurspek met droombestemmings en al hoe meer kleiner dorpies is deesdae getossel en getooi om toeriste te verwelkom. Elke […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang