Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

Gewildste bestemmings vir 2016 bekend gemaak

Soos gesien op Maroela Media.  Het jy al gewonder hoe gewild jou tuisdorp of gunsteling-vakansiebestemming is? Of watter plekke die afgelope jaar gewilder geraak het? Of dalk is jy op soek na ’n nuwe bestemming om by jou emmerskoplysie te voeg? Die gewag is verby ─ Lekkeslaap.co.za het met meer as 2000 van ons akkommodasie-eienaars […]

7 Stopplekke op die N7

Pak jy dié vakansie die N7 aan? Dan het ons die ideale gids vir jou ─ Kardoesie Country Stop en West Coast Way SA het ’n nuttige lysie van stopplekke op dié langpadroete saamgestel sodat jy jou eie selfry-toer kan beplan! Die platteland vanaf Piketberg tot Garies het soveel eiesoortige en versteekte afsaalplekke en besienswaardighede […]

Club Mykonos: Griekeland in Suid-Afrika!

Die Griekse Eilande skuil waarskynlik in daardie hoekie van jou verbeelding wat jy besoek as alles net te veel raak – die werk, verkeer, kinders, politiek, en deesdae ook, die droogte. Dié twee woorde roep beelde op van seiljagte op hemelsblou water, skelwit huisies teen eilandkranse, yskoue witwyn in kristalglase, son, wind, en sorgeloosheid. En […]

7 Stiller Weergawes van ons Gewildste Somerbestemmings

As jy nog nie jou somervakansie bespreek het nie, sit jy waarskynlik nou met ’n taamlike tameletjie. Om te keer dat jy volgende jaar weer sonder ’n wegbreekplek sit, het ons ’n bietjie in ons statistieke gaan rondkrap om uit te vind by watter minder bekende maar ewe lekker bestemmings jy ’n vinnige wegbreek oor […]

Hier is SA se top-10 restaurante van 2016!

“Magie vol, ogies toe” is nie verniet ’n bekende Afrikaanse gesegde nie. Ná ’n behoorlike maaltyd wil almal tog ’n bietjie skuinslê. Dis dié dat LekkeSlaap gedink het dis ’n goeie idee om pragtige blyplekke naby Suid-Afrika se top-restaurante te vind. Indien jy gereeld wonder watter restaurant julle volgende Vrydagaand moet beproef, of as jy […]

Langpadreis: 10 Lekke stopplekke tussen Kaapstad en PE!

As die langpad ʼn bietjie té lank raak, is daar mos niks lekkerder as ʼn vinnige avontuur of ʼn opkikkertjie om jou weer nuwe moed vir die res van jou reis te gee nie! Wie sê ʼn langpadrit op die N2 hoef lank en vervelig te wees? Ons het ʼn lekker lysie van ons gunsteling-stopplekke […]

Maak ’n Hollow-hotel jou huis!

As jy op soek is na elegante, plattelandse verblyf in die hartjie van die Tuinroete met al die luukse geriewe van ’n vyfsterhotel, sal Knysna Hollow Country Estate so reg in jou kraal val. Ons het die voorreg gehad om ’n naweek by dié spoggerige hotel deur te bring en deel graag ons eerstehandse ervaring […]

Ons gids tot ’n wegbreek in Greyton!

Die Overberg het soveel bekoorlike bestemmings op pad na Hermanus en al langs die N2, maar baie reisigers vergeet van Greyton ─ ’n gasvrye dorpie wat aan die lowerryke voet van die Sonderendberge versteek is. LekkeSlaap is lief daarvoor om in súlke dorpies te gaan rondsnuffel en die beste blyplekke, restaurante, koffiewinkels, snuisterywinkels en unieke doendinge […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang