Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: KwaZulu-Natal

Jou walviskyk-gids in Suid-Afrika

Soos gesien op Maroela Media Suid-Afrika is een van die beste walviskyk-bestemmings ter wêreld en ons is elke jaar van Junie tot November bevoorreg om dié majestueuse soogdiere in die water te sien baljaar. Die suidelike noordkappers migreer jaarliks vanaf Antartika se ysige waters na die warm Mosambiek-seestroom teen ons kus waar die walviskoeie dan […]

9 Luisterryke Lentebestemmings

Die tyd vir winterwegbreke is vir eers verby. Oor ’n paar dae is die lente in al haar glorie hier. LekkeSlaap het 9 van die mooiste lentebestemmings gaan uitsoek, so kom vier die nuwe seisoen by ’n prentjiemooi plek in jou provinsie! Gauteng Jakarandastad Elke jaar in September kondig duisende pers jakarandabloeisels die koms van […]

Wildvakansie by die See!

Wat ons land se natuurskoon betref, is daar veral twee eienskappe wat uitstaan: seldsame wild en ongerepte kuslyn. Suid-Afrika is die enigste Afrika-land wat spog met die Groot 7. Buffels, luiperds, renosters, leeus, olifante, noordkapperwalvisse én grootwithaaie het almal Suid-Afrikaanse burgerskap. LekkeSlaap het ’n paar bestemmings opgespoor waar jy ’n wild- en seevakansie kan kombineer! […]

9 Oorde met Hope Gesinspret

Benodig jy ’n blaaskans maar jou beursie en die kalender laat nie ’n lang vakansie toe nie? Raak die jongspan al kriewelrig in Jan Tuisbly se karretjie? Moenie bekommer nie, LekkeSlaap het die kuur! Ons weet van nege oorde reg oor die land waar jy ’n sielsverkwikkende naweek kan deurbring met tonne pret vir die hele […]

15 Troukapelle so rég uit ’n sprokie

Of jy nou al van kleins af droom van ’n intieme troue, of uiteindelik ’n kans neem op die liefde (selfs vir ’n tweede keer), LekkeSlaap het ’n paar bekoorlike kapelle waar jy en jou geliefde die eed kan sweer. Mik jy vir die berge, die wingerde of die bos? Sê “ja!” in een van […]

Breek weg na ons Land se Top-Sneeubestemmings

Soos gesien op Maroela Media. Dis ysig koud van kus tot kus en oral tussenin, maar as mens in die sneeu kan baljaar maak jou ysige vingerpunte darem sin! Laat LekkeSlaap.co.za jou dan vergewis van waar ons land se top-sneeubestemmings is, hoe om op hoogte van die sneeu te bly en wat om in te […]

18 Strandhuise vir Groot Groepe

Daar is mos niks lekkerder as ’n vakansie met ’n vleisie op die kole, die see in die agtergrond en ’n gelag en gesels naby jou nie! Suid-Afrikaners is mal oor vakansies by die see saam met vriende en familie en daarom het LekkeSlaap 18 groot strandhuise al langs die kus met genoeg plek vir groot […]

10 Troeteldiervriendelike Restaurante in Durban

Selfs in die winter is sonskyndae volop aan KwaZulu-Natal se kus! Daarom is dit g’n wonder dat Durban soveel troeteldiervriendelike eetplekke het wat met lekker sitplek in die buitelug spog nie. LekkeSlaap het 10 gaan uitsnuffel om jou voor te berei op jou volgende vakansie in dié sonnige stad met Wagter aan jou sy! Afro’s […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang