LekkeSlaap blog
10 Lekke langpadwenke
Jou verblyf is bespreek. Jou sakke is gepak … Die enigste ding wat nou nog tussen jou en jou vakansie staan … is die langpad. Om te sorg dat die trek na jou bestemming nie die oorhand kry nie, het ons hier by LekkeSlaap ’n paar wenke saamgestel wat sal sorg dat dié deel van jou vakansie […]
’n Oos-Kaapse slenterstaproete oor sand en see
Wou jy nog altyd ’n staptoer aanpak sonder die beslommernis van ’n swaar rugsak, slaapsak en kamptoerusting? Dan is dié slenterstaptoer (of slack packing) net die ding vir jou! Chokka Trail is ’n unieke vier dag lange slenterstaptoer tussen Oesterbaai en St Francisbaai in die Oos-Kaap, ideaal vir enigiemand wat nie ál hul bagasie wil […]
10 Bakgat bierproeplekke
Die somer is hier! Ek weet dit voel soos gister toe ons nog die bibberkoue met warmwatersakke, kakao en ekstra komberse probeer afweer het, maar hier in die Kaap is die sonsambrele al uit en in die noorde het die donderstorms die einde van die koue seisoen al ’n hele paar keer luidkeels aangekondig. Miskien […]
Die mooi in die niks van Namakwaland
Almal weet hoe mooi die veldblomme Namakwaland gedurende die lente optooi, maar wat word van dié spesiale plek as die skel somerson die kleurvolle blaartjies laat swig? Die veldblomme is ’n groot trekpleister wanneer hulle kop uitsteek in September, maar die res van die jaar vergeet die meeste van ons dat Namakwaland bestaan. Wel, die […]
6 Redes om die mooie Malotiroete te besoek
Die beeldskone Malotiroete loop al langs die Malotiberge teen Lesotho af en sluit dele van die Oos-Vrystaatse Hooglande en Lesotho in. As majestueuse bergreekse, bekoorlike dorpies, erfenisgebiede, die natuurskoon en interessante mense in jóú kraal val, kyk dan verder na al die pragtige prentjies wat jy op dié roete kan verwag! Prentjiemooi foto’s Dié roete […]
Langpadreis: 10 Lekke stopplekke tussen Kaapstad en PE!
As die langpad ʼn bietjie té lank raak, is daar mos niks lekkerder as ʼn vinnige avontuur of ʼn opkikkertjie om jou weer nuwe moed vir die res van jou reis te gee nie! Wie sê ʼn langpadrit op die N2 hoef lank en vervelig te wees? Ons het ʼn lekker lysie van ons gunsteling-stopplekke […]
Tzaneen: SA se vrugtemandjie
As ’n mens die pad vat na Limpopo, watter dorp behoort nommer een op jou reisplan te wees? Ons bestemming is die subtropiese dorp Tzaneen en ons gaan jou wys waarom dié dorp meer as net ’n oorslaapplek op pad na die wildtuin is. Tzaneen is naas Polokwane die tweede grootste dorp in Limpopo. Dit is ’n hoëreënvalstreek met […]
Lekke wenke vir ’n bobaas-braai
By LekkeSlaap weet ons daar is min dinge waaroor Suid-Afrikaners so passievol is soos braai. Braai is ’n bietjie soos politiek en geloof – elkeen doen dit anders en ’n mens soek moeilikheid as jy vir ’n ander ou probeer voorskryf hoe om dit te doen. Van die vroegste bewyse van oermense wat kos oor […]