LekkeSlaap blog
Maak ’n Hollow-hotel jou huis!
As jy op soek is na elegante, plattelandse verblyf in die hartjie van die Tuinroete met al die luukse geriewe van ’n vyfsterhotel, sal Knysna Hollow Country Estate so reg in jou kraal val. Ons het die voorreg gehad om ’n naweek by dié spoggerige hotel deur te bring en deel graag ons eerstehandse ervaring […]
Besoek dié skeepswrakke sonder ’n snorkel
Suid-Afrika se kuslyn strek meer as 2500 kilometer en dit is dus geen wonder dat ons waters oor die jare heen ’n grafkelder vir honderde skepe geword het nie. Daar is iets aan die verlatenheid van ’n skeepswrak wat tot ’n mens se siel spreek ─ wat jou herinner hoe verganklik die mensdom eintlik is. Tog is […]
10 Nostalgiese plaasvakansie-plekke
“In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo, Waar kuddes waaigras huppel oor die veld, Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo, Staan my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.” – Toon van der Heever Die Afrikaanse geskiedenis is ferm gewortel in die wye, […]
Strandvakansies sonder die skares
Augustus het tot ’n einde gekom en September skitter in doudruppels op die heldergroen babablaartjies wat kop uitsteek in die wingerde, in die boorde en in die bome wat ons strate omsoom. Dis lentetyd in die suide en oral hinkepink lammertjies op onvaste beentjies al agter hul stowwerige ma’s aan, bloeisels tooi die boorde in […]
Ons gids tot ’n wegbreek in Greyton!
Die Overberg het soveel bekoorlike bestemmings op pad na Hermanus en al langs die N2, maar baie reisigers vergeet van Greyton ─ ’n gasvrye dorpie wat aan die lowerryke voet van die Sonderendberge versteek is. LekkeSlaap is lief daarvoor om in súlke dorpies te gaan rondsnuffel en die beste blyplekke, restaurante, koffiewinkels, snuisterywinkels en unieke doendinge […]
Pret en plesier by Piekenierskloof
Piekenierskloof Mountain Lodge is al jare lank ’n gewilde bestemming vir gesinne, wittebroodpaartjies en vriende wat saam wegbreek. Dié lodge is tussen die berge op die Piekenierskloofpas naby Citrusdal op die N7 geleë en is een van die gewildste stopplekke op die Weskus se nuwe selfry-bergroete. Dié bergroete begin in Velddrif en loop verby allerhande eiesoortige dorpies […]
Kuier soos ’n koninklike in Prins Albert
“The nothingness, the wide open spaces and the deafening stillness … this is the magic of Prince Albert, Jewel of the Great Karoo.” ─ Anonymous Prins Albert is een van Suid-Afrika se mooiste versteekte bestemmings aan die voet van die Swartbergpas. Hierdie lieflike, geskiedkundige dorpie is op die drumpel van die Groot Karoo in […]
Voilà! Jou gids tot Franschhoek en die Bastille-fees
Franschhoek is as’t ware ons eie stukkie Europa en die naweek van 16 en 17 Julie 2016 word daar ook ’n Franse fees in dié pragdorpie gevier. Danksy Franschhoek se Franse flair is dit die perfekte romantiese bestemming, maar by die 23ste Bastille-fees wat dié naweek gevier word, sal die héle gesin hul gate uit […]