LekkeSlaap blog
Familie-vakansies
Hier by LekkeSlaap glo ons in familie, maar ons besef ook dat dit soms moeilik is om ’n plek met genoeg doendinge vir die hele gesin op te spoor. Ons het ’n paar lekke plekke in elke provinsie gaan soek wat spesiaal ingerig is om elkeen in jou gesin gelukkig te hou! Die fokus is juis […]
Ekovriendelike vakansies!
Groen-vakansies is die nuutste gier. Dit is dus tyd dat jy ook op dié wa klim en sodoende jou deeltjie vir ons omgewing doen. Alhoewel ekovriendelike vakansies en wegbreke heerlik kan wees, is dit belangrik om te verstaan waar dié idee vandaan kom. Ons stort rommel in riviere, grou gate waarin vullis vir dekades lank […]
Paternoster wat in die hemel is
Die stories oor Paternoster se naam waai oor die eeue heen oor die wit strand en, soos dit maar met die geskiedenis gaan, kan ’n mens nie die mond wat die storie vertel, skei van die storie self nie. Vissermanne vertel verhale van Strandlopers wat elke dag by ’n seekos-buffet aangesit het met krale genaamd “Paternosters” […]
Sing saam by die Tulbagh Somerkonsertreeks 2015/2016
Is jy gereed vir die somer? Wel, Tulbagh het nét die ding vir jou! Dié skilderagtige, historiese dorpie bied van 7 November 2015 tot 5 Maart 2016, een Saterdag per maand, ’n skouspelagtige vertoning aan. Die Heuwels Fantasties, Arno Carstens, Karen Zoid, Jack Parow en Francois van Coke tree almal op, en na die tyd […]
Nieu-Bethesda: Grafsteen van Geheime
Die piepklein dorpie Nieu-Bethesda lê weggesteek in Suid-Afrika se mooie Karoo. Al wat jy nodig het vir ’n interessante, ongewone avontuur na dié oulike, versteekte plekkie is ’n ou padkaart, ’n paar note in jou beursie en ’n motor met ’n vol tenk. Met die intrapslag laat die stowwerige straatjies en ’n ernstige tekort aan […]
Jou kitsgids vir die kreefseisoen
Maak vir jou ’n lekke Weskus–mixtape met Zirk Bergh, Andries Vermeulen, Worsie Visser en Rooies se liedjies en dalk ’n paar van Tolla se stories van ouds – en mik Weskus toe. Die kreefseisoen is amper hier! Daar is darem niks so lekker soos ’n sonskyndag aan die Kaapse kus, ’n gietysterpotjie op die kole en vars kreefstert […]
10 Lekke resepte vir Wêreldkosdag!
Vandag vier ons Wêreldkosdag op ʼn gepaste wyse – 10 liplekker resepte uit die LekkeSlaap-span se eie kombuise en familieresepteboeke. Ons het iets vir elke geleentheid, van melkkos tot spaghetti bolognaise, en van gemmerpoeding tot viskoekies. Só vier ons ons land se eie diverse koserfenis en voeg ʼn paar internasionale disse ook by die potjie! […]
5 Redes vir Alleenreis
Mark Twain het destyds gesê: “Om die volle waarde van geluk te kry moet jy dit met iemand deel.” Maar was hierdie Amerikaner met die weglêsnor heeltemal reg? Moet my nie verkeerd verstaan nie – min goed is so lekker soos ’n glas wyn saam met jou geliefde en ’n uitsig oor die bosveld, die eindelose oseaan […]