Successfully reported

LekkeSlaap blog

SA se top (versteekte) somervakansiedorpies

In ons geliefde land word ons oorweldig met keuses as dit by bestemmings vir ʼn prettige somervakansie kom. Jy hoor dalk gereeld dat vriende of kennisse jaarliks in dieselfde dorpie somervakansie gaan hou, maar jy’s onseker oor wat dit is wat hulle elke keer laat terugkeer. Ons het ʼn nuttige lysie van ons kliënte se gunsteling-somervakansiedorpies saamgestel, en die kollig op enkele […]

Elke dorp het ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê …

Al is daar nie ‘n poskantoor, vulstasie of OTM op ‘n Suid-Afrikaanse dorpie nie, sal daar ALTYD ‘n kerk wees. Ons land is bespikkel met dié argitektoniese meesterstukke wat so ‘n groot deel van ons herkoms vorm. Ek het bietjie rondgesnuffel en op ‘n paar pragfoto’s van kerke in Suid-Afrika afgekom. Hopefield Dié pragtige NG […]

Kies koers op Kirstenbosch se kronkelpaadjies

Ek moet bieg: ek is nie die flinkste stapper nie. Ek het my Columbia-stapskoene die afgelope jaar net een keer gedra teen die hange van die Sleeping Beauty-berg in Riversdal. Gelukkig is ons bevoorreg om in ʼn ongelooflike land met ʼn verskeidenheid berge en roetes om elke hoek en draai te woon. Of jy nou ʼn stapper […]

Beweeg! Strekoefeninge vir die langpad

Kyk, ons reis deesdae baie gemakliker as ons voorsate wat die Drakensberge oor is, maar om langpad te ry gee my soms ‘n kramp. Letterlik. Die motorpedale laat my kuite in knoppe trek. Die heeldag se gesit maak my lae rug net lam en kort voor lank is my skouers vooroor gebuig en my postuur […]

Amsterdam in Afrika!?

Mpumalanga beteken “plek waar die son opkom” en sowaar as die son aan die hemel skyn, is dit een van die skilderagtigste plekke wat ek al ooit besoek het. Dié provinsie is nie net ryk aan natuurwonders nie, Mpumalanga het ook talle dorpe met naamgenote regoor die wêreld, van Nederland tot Brasilië tot Skotland! Amersfoort Hierdie […]

10 wenke vir ʼn lekke langpadrit

Ons het dit goed gedink om ʼn lys van 10 wenke vir ʼn onvergeetlike en gerieflike langpadrit saam te stel wat sal verseker dat jy en jou medepassasiers moed hou op die langpad. Volg dié beproefde wenke vir ‘ʼn onfeilbare langpadrit: 1. Liedjies vir die langpad ‒ lafenis in lirieke: Maak ʼn lys van lekke saamsingtreffers soos “Klein […]

Span die seile van julle huweliksbootjie in Knysna

Bo-op die Welbedachtberge en net 3 km van Knysna af, lê dié elegante lodge wat oor die Knysna-seemeer en Outiniquaberge kyk. Knysna is vir baie mense die pragtigste deel van die Tuinroete, met weelderige plantegroei, goue strande en die skitterende seemeer wat deur die dorp weef. Die hoofstraat, wat deel vorm van die N2, loop […]

Carnarvon in Kanada!?

Noord-Kaapse naamgenote: dié provinsie lê die hele wêreld vol met naamgenote in die VSA, Skotland en selfs in Kanada! Askham Askham is ‘n vreeslike klein dorpie so 200 km noord van Upington. Die dorpie is ook die tuiste van een van die wêreld se oudste stamme, die !Khomani San. Min mense weet daar is ook […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang