Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Noord-Kaap

Jou kitsgids vir die kreefseisoen

Maak vir jou ’n lekke Weskus–mixtape met Zirk Bergh, Andries Vermeulen, Worsie Visser en Rooies se liedjies en dalk ’n paar van Tolla se stories van ouds – en mik Weskus toe. Die kreefseisoen is amper hier! Daar is darem niks so lekker soos ’n sonskyndag aan die Kaapse kus, ’n gietysterpotjie op die kole en vars kreefstert […]

Kom skitter in Sutherland

Sutherland, die uiters bekoorlike dorpie in die westelike deel van die Roggeveldberge in die Karoo, spog met heelwat merkwaardige eienskappe. Al lyk hierdie dorpie en sy inwoners nederig, het hulle verskeie redes om besonder trots te wees. Sutherlanders is bekend vir hul hartlike gasvryheid, en die sneeuwinters en dramatiese landskappe is absoluut asemrowend. Maar dié Karoodorpie se […]

Skaar jou by De Aar

De Aar is ʼn rare dorp wat sy bestaan te danke het aan die belangrike spoorwegaansluiting wat hier geleë is (anders as die meeste Karoodorpe wat om ʼn kerk tot stand gekom het). Daar is meer as 100 km se spoorweë in en om De Aar, maar die treinverkeer het baie afgeneem. Hoewel die dae van stoomlokomotiewe vervloë is […]

Stadsjapies … gaan plaas toe!

Vasgevang in die beton-oerwoud? Verruil jou hoëhakskoene of bruin leerskoene vir ʼn paar waterstewels of plakkies en kom baljaar by een van die pragtige, plattelandse plaashuise wat ons dié week aan jou bekendstel. Miskien wonder jy dalk of jy genoeg murg in jou pype het vir ʼn vakansie op ʼn werkende melk-, volstruis- of skaapplaas … Raai wat!? […]

Ons werp die kollig op Port Nolloth

In Port Nolloth is daar onstuimige waters waar rus is.  Port Nolloth is ʼn dorpie sonder verkeersligte en -knope, veiliger as enige stad. Dis ʼn plek waar mense mekaar nog op die naam groet en saam krieket op die soutpan speel. Die koue Benguela-seestroom sorg dat ʼn digte misbank ─ wat onder locals as die Malmokkie bekend staan ─ soggens soos ʼn kombers […]

10 Troeteldiervriendelike blyplekke in die Noord-Kaap

Is jou vierpotige vriend moeg vir die hondeherberg? Kyk hy of sy met verlangende oë na die voertuig terwyl jy inpak vir jou lang vakansiewegbreek? LekkeSlaap het besef ons kliënte het ‘n dringende behoefte aan troeteldiervriendelike verblyf in elke provinsie … en raai wat? Ons weet van ‘n hele paar regoor die land! Vandag het […]

Karoo: nie net stof en vlaktes

Soms jaag mens deur die Karoo en die platgedrukte koppies flits vormloos verby … Jy ry kilometers aaneen en sien net ’n windpomp langs die pad of ’n dorpie wat hardkoppig soos ’n vetplant op die vlaktes oorleef. Wanneer jy egter gaan stilstaan en stomstaan voor ’n Karoo-sonsondergang, dan tref dit jou. Jy sien die skoonheid en sielsrus […]

Carnarvon in Kanada!?

Noord-Kaapse naamgenote: dié provinsie lê die hele wêreld vol met naamgenote in die VSA, Skotland en selfs in Kanada! Askham Askham is ‘n vreeslike klein dorpie so 200 km noord van Upington. Die dorpie is ook die tuiste van een van die wêreld se oudste stamme, die !Khomani San. Min mense weet daar is ook […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang