Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Herman Botha

Herman is in die Oos-Kaap gebore. Op ‘n jong ouderdom het hy na die Swartland-distrik getrek en daarna na die Kaapse Wynlande waar hy tans op 'n plaas met sy ses kinders, vier katte en twee dwergbokke, woon. In sy vryetyd kuier hy graag saam met familie en vriende en maak musiek. Herman het 'n passie vir musiek, spesefiek vir sing en hy tree al vir langer as tien jaar by privaat funksies op. Hy het op Universiteit van Stellenbosch sy BA-graad in Geesteswetenskappe ontvang. Hy is barmhartig en gaan uit sy pad uit om ander te help.

Hiér baljaar die walvisse!

Elke jaar tussen Julie en November besoek die reuse van die see ons pragtige kus. Honderde bultrugwalvisse en suidelike noordkapperwalvisse kom paar, kalf en baljaar langs ons kus, en as jy die regte gastehuis bespreek kan jy sommer op jou bed lê en die skouspel gadeslaan! Ek het 8 lekke plekke geïdentifiseer waar jy met […]

7 Boomhuise vir grootmense

Verbeel jou jy sit in die mik van ‘n reusboom, ʼn newel van mis omgewe jou, ʼn klammigheid slaan op uit die woud se blaartapyt en woel die aardse reuk van bas los, die swaar stilte van miljoene roerlose blare word meteens verbreek deur die gutturale roep van ʼn knysnaloerie hier by jou, en as jy jou kop draai om […]

Suid-Afrika se streke in ’n neutedop

Mens het nie ’n arme buitelander nodig om jou te vertel hoe divers Suid-Afrika is nie. Hopelik besef die meeste van ons dat Suid-Afrika voor in die ry gestaan het toe natuurskatte en verskeidenheid uitgedeel is. In hierdie blog word ons pragtige land se tipografie en streke ten toon gestel. So, maak jou sitplekgordel vas en […]

Pelgrimsrus: ’n delwersdorpie in die bosveld

Pelgrimsrus staan soos ’n toevallige gehuggie halfpad tussen Ohrigstad en Sabie. Hierdie wêreld se natuurskoon is so oorrompelend dat ’n mens soms jou oë moet toemaak om jou brein kans te gee om al die skoonheid te verwerk. Plek-plek lê plantasies soos lappieskomberse oor die golwende, groen heuwels en dit is een van die vele […]

Die mooiste moedertaal

Totius het begin preek in ons taal, Van Wyk Louw en Breytenbach dig dik stukke in ons taal, Karen Zoid raak plesierig in ons taal, En Jack Parow rap rof en onbeskof in ons taal. Vir ’n eertydse “kombuistaal” wat minder as ’n honderd jaar oud is, het Afrikaans binne ’n kort tydjie baie ver gekom. […]

Nou toe nou! Toe- en nou-foto’s van ons stede

Ek is seker die slimkoppe by Google is besig om te tweak aan die eerste prototipes van masjiene waarmee jy in ‘n oogwink van die hede na die verlede (en wie weet, miskien selfs die toekoms!) kan rits. Maar ‘n mens kan ook verwag dat die genieë wat in beheer is van hierdie projekte op die […]

Bierproe vir beginners en bierboewe

Kos- en drankliefhebbers is deesdae in die wolke oor al die plaasmarkte, slow food-feeste, en organiese markte om elke hoek en draai. Waar smulpape tot onlangs nog moes regkom met die skamele verskeidenheid op die rakke van kruidenierswinkels, kan hul deesdae net wag vir Saterdag en ’n draai maak by een van die honderde markies […]

Nét in Suid-Afrika!

Om te sê Suid-Afrika is een van die mooiste lande in die wêreld klink effens afgesaag vir dié van ons wat soggens hier aan die suidpunt van Afrika wakker word (kliek hier as jy nie met hierdie stelling saamstem nie). Ja, ons weet almal van die Drakensberge, die Panorama-roete, die Blyderivier-canyon, God’s Window, die Wildtuin, […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang