Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Herman Botha

Herman is in die Oos-Kaap gebore. Op ‘n jong ouderdom het hy na die Swartland-distrik getrek en daarna na die Kaapse Wynlande waar hy tans op 'n plaas met sy ses kinders, vier katte en twee dwergbokke, woon. In sy vryetyd kuier hy graag saam met familie en vriende en maak musiek. Herman het 'n passie vir musiek, spesefiek vir sing en hy tree al vir langer as tien jaar by privaat funksies op. Hy het op Universiteit van Stellenbosch sy BA-graad in Geesteswetenskappe ontvang. Hy is barmhartig en gaan uit sy pad uit om ander te help.

Minder as ’n uur en jy is in die natuur

Smag jy soms na vars lug en daardie loom gevoel in jou ledemate wanneer die son die aarde warm bak en die natuur se parfuum uit die bosse en struike loswoel? Na ’n harde werksweek in die beton-oerwoud het ons dikwels nie die energie oor om die langpad te vat nie. Ek het my Google […]

Wat van ’n saalsafari?

“No hour of life is wasted that is spent in the saddle.”   Met hierdie aanhaling het Winston Churchill iets probeer sê oor die gevoel van vryheid en avontuur wat mens beetpak wanneer jy jou voete in die stiebeuels steek en die growwe leer van die leisels in jou hande voel. Bo- en behalwe die wild […]

Koffie: troos vir boere én stadsjapies

LekkeSlaap het gedink die beste manier om die dag te begin, is om ’n bietjie meer uit te vind oor hierdie hemelse drankie: Koffie. Miskien vra jy jouself af: “Wat het dit nou eintlik met reis en vakansie uit te waai?” Die antwoord is baie eenvoudig: “Alles!” Ek dink dis veilig om te sê die Groot […]

Saronsberg: stilte en skoonheid

Vra vir enige Kapenaar waarheen mens moet gaan om ‘n sneeuman te bou en hy of sy sal sonder om te dink sê: “Ceres!” As die Kapenaar waarmee jy sneeupraatjies staan en maak ook lang hare en ‘n sonbril op het wat hom soos ‘n bidsprinkaan laat lyk, sal hy jou ook waarskynlik vertel van […]

Afrika se 3 groot katte

Lorne Sulcas was onlangs aan die woord vir die derde Goedvoelstorie by One&Only Cape Town. Lorne het op ‘n snikhete dag in 1990 vir sy eerste skof as wildbewaarder in die Kruger Wildtuin aangemeld. Na meer as twee dekades in die veld is sy knapsak vol stories, foto’s en ongelooflike kennis van Afrika se wilde […]

Waarheen? Soweto toe!

Soweto township in Johannesburg, Gauteng is een van die gewildste en bekendste toeriste-aantreklikhede in Suid-Afrika. Hierdie township lyk dalk nie na veel van buite af nie, maar die sterk gemeenskapsgevoel en bekoring maak op vir die gebrek aan geld en infrastruktuur. Die township het tot stand gekom toe die regering swart-, bruin- en Maleiersburgers hervestig het. […]

10 bekoorlike koffiewinkels in Kaapstad

Die winter het sy koue kloue die afgelope paar weke behoorlik in Kaapstad ingeslaan. Hierdie tyd van die jaar verruil Kapenaars sonbaaisessies en mengeldrankies op die strand vir ontwerperskoffie en soetgebak in kunstige koffiewinkels. LekkeSlaap het die beste koffie in Kaapstad vir jou opgespoor. 1. Rosetta Roastery, Woodstock Rosetta Roastery is dié koffiewinkel in Woodstock se […]

Besoek Frankryk in Franschhoek, Wes-Kaap

Franschhoek se groen wingerde, kranskopberge, fynproewerskos en ouwêreldse bekoring maak hierdie dorpie ‘n ewebeeld van Provence. Die mense wat weet verwys nie verniet na Franschhoek as die kos- en wynhoofstad van Suid-Afrika nie! As Frankryk jou hart vinniger laat klop en jy wil weet waarheen om te gaan wanneer jy hierdie stukkie paradis in Suid-Afrika […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang