Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Herman Botha

Herman is in die Oos-Kaap gebore. Op ‘n jong ouderdom het hy na die Swartland-distrik getrek en daarna na die Kaapse Wynlande waar hy tans op 'n plaas met sy ses kinders, vier katte en twee dwergbokke, woon. In sy vryetyd kuier hy graag saam met familie en vriende en maak musiek. Herman het 'n passie vir musiek, spesefiek vir sing en hy tree al vir langer as tien jaar by privaat funksies op. Hy het op Universiteit van Stellenbosch sy BA-graad in Geesteswetenskappe ontvang. Hy is barmhartig en gaan uit sy pad uit om ander te help.

5 Redes vir Alleenreis

Mark Twain het destyds gesê: “Om die volle waarde van geluk te kry moet jy dit met iemand deel.” Maar was hierdie Amerikaner met die weglêsnor heeltemal reg? Moet my nie verkeerd verstaan nie – min goed is so lekker soos ’n glas wyn saam met jou geliefde en ’n uitsig oor die bosveld, die eindelose oseaan […]

Klink Awards 2015 skop af in Franschhoek!

LekkeSlaap is genooi vir die amptelike bekendstelling van dié jaar se Klink Awards. Elke jaar stel dié toekennings die wynliefhebber op straat in staat om aanlyn sy sê te sê oor die beste wynbestemmings in die land. Daar is verskillende unieke kategorieë, soos “Family Day” en “Wild Card”, waarin jy kan stem vir daardie wynplaas of […]

9 van die beste skubaduikplekke in Suid-Afrika

Suid-Afrika staan bekend as een van die voorste wildkykbestemmings in die wêreld. Ongelukkig veroorsaak ons reputasie as ʼn Groot 5-bestemming dikwels dat van ons mooiste natuurjuwele misgekyk word. Suid-Afrika se kuslyn lê soos ʼn halssnoer tussen Kosibaai en Alexanderbaai. Maar om die kosbaarste edelgesteentes aan hierdie halssnoer te sien, het ʼn mens ʼn duikbril en paddavoete nodig. 1. Sodwanabaai, KwaZulu-Natal […]

7 Redes om die Overberg in Augustus te besoek

Koring Die Overberg-streek swel tussen die Hottentots-Hollandberge in die weste, die Riviersonderendberge in die noorde, die Breederivier in die ooste, en die plek waar die Indiese- en Atlantiese Oseaan mekaar ontmoet in die suide. Dit is die grootste koringproduserende streek in Suid-Afrika en heelwat gars en kanola word ook hier verbou. Te danke aan ywerige […]

Vuurwarm kerrie teen die winterkoue

In Tamil is dit kari, in Engels rym dit met hurry en volgens baie Boere móét dit by ʼn kerkbasaar saam met Tastic-rys bedien en met gemmerbier afgesluk word. Maar as ʼn mens bietjie in die verlede gaan delf of bereid is om ʼn entjie te ry, besef ʼn mens gou kerrie kom al ʼn ver pad en het meer […]

Die Panorama-roete vir platsakke

Die plaaslike toerismebedryf maak dit soms moeilik vir dié van ons wat rande verdien om die juwele in ons eie land te besoek. ’n Uitstappie na die Krugerwildtuin, of selfs net middagete op Tafelberg, kan bitter duur wees. Maar as ’n mens jou huiswerk doen, is dit wel moontlik om Suid-Afrika se mooiste plekke te besoek sonder […]

5 Redes vir winter-wildkyk

In Jan Alleman se woordeboek word “somer” en “wegbreekseisoen” as sinonieme geklassifiseer. Maar ons almal weet hierdie tipe Janne maak nou en dan ʼn fout. So hier is 5 redes hoekom “winter” en “wegbreek” heeltemal uitruilbaar is in LekkeSlaap se woordeboek. 1. Winter-aanbiedings Baie wildreservate lok besoekers met vuurwarm spesiale aanbiedings gedurende die bibber-maande. Phumula Kruger Lodge […]

In die spore van die Siener

Nicolaas Pieter Johannes van Rensburg is op die 30ste Augustus 1864 op die plaas Palmietfontein naby Potchefstroom gebore. Hierdie tipe stories word gewoonlik ʼn bietjie gekrui met versinsels oor die wyse waarop so ʼn persoon in die lewe gekom het – Genghis Kahn is blykbaar met ʼn bloedklont in die hand gebore en daar word gefluister dat […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang