Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Kos & Kuier

Klink ’n glasie op die Klink Awards 2015-wenners!

LekkeSlaap is genooi om dié jaar se Klink Awards by te woon. Elke jaar stel hierdie toekennings jou in staat om aanlyn jou sê te sê oor die beste wynbestemmings en -ervarings in die land. Oor die afgelope 10 weke het wynliefhebbers gestem vir een, of ’n paar, van die 77 wynplase op die Klink-lys. Daar kan egter […]

10 Lekke resepte vir Wêreldkosdag!

Vandag vier ons Wêreldkosdag op ʼn gepaste wyse – 10 liplekker resepte uit die LekkeSlaap-span se eie kombuise en familieresepteboeke. Ons het iets vir elke geleentheid, van melkkos tot spaghetti bolognaise, en van gemmerpoeding tot viskoekies. Só vier ons ons land se eie diverse koserfenis en voeg ​ʼn paar internasionale disse ook by die potjie! […]

Pure pino-plesier

Dié treffende aanhaling begroet ’n mens wanneer jy by Kanonkop Wynlandgoed se proelokaal instap. Vinnig besef ’n mens dat dit nie sommer net ’n tong-in-die-kies-stelling is nie ─ in Suid-Afrika is die wynmakers doodernstig oor hul pinotage-passie! Dit is immers Suid-Afrika se enigste inheemse variëteit en wyn wat uniek is aan ons pragtige land. Alles begin […]

10 Swemvakansies in die Binneland

Ons is almal vertroud met die bekende seekant-swemvakansies wat dié tyd van die jaar weer kop uitsteek! Wel, vandag het ons vir jou ’n paar plekkies teen die water gaan soek wat nie aan die wonderlike Weskus is nie, maar langs ’n dam of aan die oewer van ’n rivier in die bekoorlike binneland. Kom […]

Blyplekke met Bobaas Braaiplekke

Reg julle, dis weer daai tyd van die jaar wanneer almal om die braai baljaar. ’n Braai is mos so Suid-Afrikaans soos biltong en boerewors, so steek maar op die 24ste September jou vuurtjie aan. Ons het ’n paar plekkies gaan vind waar jy sommer tjop-tjop jou vleisie op die kole kan gooi. Kom kyk […]

Klink Awards 2015 skop af in Franschhoek!

LekkeSlaap is genooi vir die amptelike bekendstelling van dié jaar se Klink Awards. Elke jaar stel dié toekennings die wynliefhebber op straat in staat om aanlyn sy sê te sê oor die beste wynbestemmings in die land. Daar is verskillende unieke kategorieë, soos “Family Day” en “Wild Card”, waarin jy kan stem vir daardie wynplaas of […]

Spice Route: Baie meer as net speserye …

Kyk, ons het beslis nie ʼn tekort aan unieke eet- en drinkplekke in die Kaap nie. Maar só ʼn groot verskeidenheid kos- en drankproe-ervarings op een perseel is skaars, selfs vir die Kaap! Spice Route self is die Paarl se kos- en drank-mekka. Dit is nie net ʼn wonderlike gesinsuitstappie nie, daar is letterlik iets wat […]

Jou kitsgids tot die Knysna Oesterfees

Die Knysna Oesterfees, wat jaarliks in Julie plaasvind, is omtrént ʼn kaleidoskoop van feesgees, adrenalien, musiekvertonings, familietyd, Tabasco-sous, kunsvlyt, kuier, en natuurlik ʼn paar ton vars oesters! Alhoewel ons net drie dae van die fees bygewoon het, het ons elke oomblik gate uit geniet. Volg bietjie ons kitsgids en jy sal gou sien dié fees behels veel meer […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang