Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Kos & Kuier

8 eg Suid-Afrikaanse restaurante

Bobotie, koeksisters, malvapoeding, potjiekos, herzoggies, bokkoms en biltong – dis maar net ʼn paar van die geregte en peuselhappies wat ons met trots Suid-Afrikaans noem. Ek was aangenaam verras om uit vind daar is soveel restaurante regoor die land waar jy na hartelus aan eg Suid-Afrikaanse geregte kan smul. Hoe dan nou anders as om die kollig op […]

14 Doendinge vir dié Valentynsdag

Is jy opsoek na oulike idees om jou liefie se voete onder hom/haar uit te slaan? Ons het so bietjie kop gekrap sodat jy nie hoef nie. Hou piekniek in die agterplaas of kook saam. Avontuurlustiges kan saam in die natuur gaan baljaar – daar is ietsie vir almal. 1. Piekniek hou Of jy nou […]

Egte Weskus-ervaring by Muisbosskerm, Lambertsbaai

Na ‘n paar stamperige kilo’s op ‘n grondpad kom ons uiteindelik by Muisbosskerm, ‘n spul droë bossies langs die pad. Muisbosskerm is 5 km suid van Lambertsbaai langs die R365 (Elandsbaai se grondpad) geleë. Hierdie buitelugrestaurant is so ampertjies op die strand; net 5 trappies en dan voel jy die sand tussen jou tone. Muisbosskerm het begin toe die […]

Die beste padstalle

‘n Padstal bring lafenis op die langpad. ‘n Baken van hoop op die horison. Dit is ‘n oase wat langs die warm teerpad opduik, gewoonlik net wanneer jy jou nuwejaarsvoornemens oor geduld begin vergeet. Want die huis is nog ver, die padkos is op, en die kinders skop sonder ophou teen jou rugleuning. Sodra die […]

Bierproe vir beginners en bierboewe

Kos- en drankliefhebbers is deesdae in die wolke oor al die plaasmarkte, slow food-feeste, en organiese markte om elke hoek en draai. Waar smulpape tot onlangs nog moes regkom met die skamele verskeidenheid op die rakke van kruidenierswinkels, kan hul deesdae net wag vir Saterdag en ’n draai maak by een van die honderde markies […]

Top-piekniekplekke in SA

Die winter is nou uiteindelik verby, so dit is tyd om jou piekniekmandjie en -kombers uit die kas te haal en bietjie af te stof. Ons Suid-Afrikaners is so geseën met die pragtige natuurskoon wat ons land vol lê ─ so dit is nou die tyd om bietjie uit die huis uit te kom. Ek […]

Koffie: troos vir boere én stadsjapies

LekkeSlaap het gedink die beste manier om die dag te begin, is om ’n bietjie meer uit te vind oor hierdie hemelse drankie: Koffie. Miskien vra jy jouself af: “Wat het dit nou eintlik met reis en vakansie uit te waai?” Die antwoord is baie eenvoudig: “Alles!” Ek dink dis veilig om te sê die Groot […]

Hoe braai mens? Só braai mens!

1. Vuur en vlam Die eerste keuse waarvoor jy te staan kom, is: Om te hout of om te houtskool? Gebruik houtskool vir langer braaie, hout skep ‘n heerlike atmosfeer en gee ‘n weergalose smaak aan die vleis, maar dit brand vinniger uit. Houtskool neem omtrent 40 minute voor dit braaigereed is, en dan sal […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang