Successfully reported

LekkeSlaap blog

Skrywer: Willemien Engelbrecht

Willemien het in die Vrystaat grootgeword en haar Honneurs in Vertaling voltooi nadat sy deur Korea, China, Mongolië en 'n paar ander breedtegrade gereis het. Buiten haar liefde vir reis, spandeer sy die meeste van haar vryetyd met haar gesin. Tuinmaak en haar "rooskinders", soos sy hulle noem, is nóg een van haar voorliefdes.

5 Prettige Pretparke!

Elke kind se droom word bewaarheid wanneer jou ouers jou verras met ‘n besoek aan die pretpark terwyl julle luilekker vakansie hou. Ek onthou daai opgewondenheid soos gister. Jy hoop en bid dat hulle by die bordjie gaan indraai, maar sê liewer niks. Dan sit pa die flikkerlig aan ─ en net so is jou vakansie gemaak. […]

10 Wilde foto’s en nog wilder feite

Diertjies, groot en klein, sterk en fyn, kom almal in Suid-Afrika voor. Ek het ’n paar van die pragtige wilde diere wat by ons lekke slaapplekke voorkom, gaan soek en ook ’n paar interessante brokkies oor dié bokkies en krokkies gekry. So pak jou verkyker, kamera, voëlkennerboek, stapskoene, sonskerm en sonhoed en gaan kyk watter […]

Kaapse Fynbos – klein maar “getrain”

Daar waar die protea aan die uiterste, suidwestelike punt van Afrika blom, daar sal jy die Kaapse Floraryk vind. Dié pragtige flora strek vanaf Clanwilliam in die Wes-Kaap tot Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Toe Jan en sy manne in die 16de eeu hier aan die Kaap geland het, het hulle die immergroen struike wat […]

Koninklike Kremetartbome in SA!

“Die kremetartboom is ‘n allerboomste boom” skryf T.T. Cloete in sy gedig oor dié boom. Agt spesies van dié wonderboom is regoor Madagaskar, Australië en Afrika versprei. Ses uit die agt spesies kom in Madagaskar voor, een van die ander in Australië  en die Afrikaanse Kremetart kom in Noordoos, Sentraal- en Suider-Afrika voor. Kremetartbome kan tot […]

Die land van melk(tert) en heuning …

“My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel … daar’s ’n vrou in elke geur” dig Opperman soet-soet voort. Ons vier vandag Melktertdag! Suid-Afrikaners is mal oor ’n snytjie melktert saam met ’n koppie tee, of hulle dit nou wil erken of nie. Dié delikate, romerige vla-tert het eg-Afrikaanse wortels en vandag is […]

10 somerstrande waar jy die magdom mense kan vermy

“Op die strand, rooi verbrand. Ronde klippies in jou hand. Streepsambreel, ronde bal. Seesproei wat soos motreën op jou kop val,” sing Laurika. As jy graag ‘n plekkie ver van die rooi lywe soek om jou strandhanddoek oop te gooi – loer bietjie hieronder! Ek het ‘n paar versteekte strande ontdek waarvan die magdom vakansiegangers […]

Egte Weskus-ervaring by Muisbosskerm, Lambertsbaai

Na ‘n paar stamperige kilo’s op ‘n grondpad kom ons uiteindelik by Muisbosskerm, ‘n spul droë bossies langs die pad. Muisbosskerm is 5 km suid van Lambertsbaai langs die R365 (Elandsbaai se grondpad) geleë. Hierdie buitelugrestaurant is so ampertjies op die strand; net 5 trappies en dan voel jy die sand tussen jou tone. Muisbosskerm het begin toe die […]

12 maniere om jou kroos gelukkig te hou op die langpad

Kom ons wees eerlik: ‘n glimlag op jou kleintjie se gesiggie is die eerste en belangrikste stap om te verseker dat jy ‘n heerlike vakansie kan geniet. Jou klein engeltjie raak baie vinnig nukkerig in die karstoeltjie en dan sit jy met die gebakte pere. So … hier is 12 wenke waarvan jy móét weet […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang