LekkeSlaap blog
14 Doendinge vir dié Valentynsdag
Is jy opsoek na oulike idees om jou liefie se voete onder hom/haar uit te slaan? Ons het so bietjie kop gekrap sodat jy nie hoef nie. Hou piekniek in die agterplaas of kook saam. Avontuurlustiges kan saam in die natuur gaan baljaar – daar is ietsie vir almal. 1. Piekniek hou Of jy nou […]
Begin jou huweliksreis hiér: Kennedy’s Beach Villa
Kennedy’s Beach Villa bied absoluut eksklusiewe akkommodasie in die beeldskone natuurlike omgewing van Onrusrivier, net buite Hermanus op die Kaapse Walviskus. Die Villa is bekroon as een van die mees romantiese wittebroodbestemmings in die Wes-Kaap en is spesifiek ontwerp vir paartjies. By hierdie uiters private en elegante Villa, verbloem in ‘n Melkhoutwoud, word ‘n organiese […]
One&Only: Die storie agter die glorie
Ek het met hoë verwagtings by die One&Only aangekom. Die hotel word immers geag as die beste in Kaapstad en spog met ‘n rits toekennings agter sy naam. Die vyf sterre, die grootste swembad, internasionale bekendes as gaste … die een en die enigste. My verwagtings is egter op ‘n ongewone wyse oortref. Ja, hier […]
Outeniekwa/Harkerville-staptoer: die Tuinroete te voet
Vir my is daar niks wat naby die betowerende Tuinroete kom nie. Kan mens werklik die Tuinroete in ‘n blog-inskrywing opsom? Beslis nie! Daarom deel ek eerder my mees onlangse ontmoeting met dié hartsplek deur foto’s. Vir my is die Tuinroete sinoniem met vakansie: kampeer in die Tsitsikamma-woud naby die oulike stranddorpie Nature’s Valley of […]
Nou toe nou! Toe- en nou-foto’s van ons stede
Ek is seker die slimkoppe by Google is besig om te tweak aan die eerste prototipes van masjiene waarmee jy in ‘n oogwink van die hede na die verlede (en wie weet, miskien selfs die toekoms!) kan rits. Maar ‘n mens kan ook verwag dat die genieë wat in beheer is van hierdie projekte op die […]
Bespreek ’n ideale spa-naweek!
Is jy alweer terug in jou daaglikse roetine na die vakansie? Voel jy dis weer tyd vir ’n bietjie spa-bederf vir jou en jou vriende en/of geliefde? Ons plaas die kollig op ’n paar lekke spa-wegbreekplekke waar jy lafenis en rus vir jou siel kan vind! Kom ontspan en bederf jouself by een van dié […]
10 somerstrande waar jy die magdom mense kan vermy
“Op die strand, rooi verbrand. Ronde klippies in jou hand. Streepsambreel, ronde bal. Seesproei wat soos motreën op jou kop val,” sing Laurika. As jy graag ‘n plekkie ver van die rooi lywe soek om jou strandhanddoek oop te gooi – loer bietjie hieronder! Ek het ‘n paar versteekte strande ontdek waarvan die magdom vakansiegangers […]
Baltimore in die Bosveld!?
Die Limpopo-provinsie is dalk ryk aan wild en minerale, maar die provinsie het nie juis internasionale eweknieë nie! Dit blyk dat dié provinsie só eg Suid-Afrikaans is dat slegs 5 van sy dorpe naamgenote oorsee het. Baltimore Baltimore is ‘n klein dorpie in Limpopo wat ‘n naamgenoot in die VSA het. Die dorpie se naamgenoot is ‘n […]