Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Oos-Kaap

9 van die beste skubaduikplekke in Suid-Afrika

Suid-Afrika staan bekend as een van die voorste wildkykbestemmings in die wêreld. Ongelukkig veroorsaak ons reputasie as ʼn Groot 5-bestemming dikwels dat van ons mooiste natuurjuwele misgekyk word. Suid-Afrika se kuslyn lê soos ʼn halssnoer tussen Kosibaai en Alexanderbaai. Maar om die kosbaarste edelgesteentes aan hierdie halssnoer te sien, het ʼn mens ʼn duikbril en paddavoete nodig. 1. Sodwanabaai, KwaZulu-Natal […]

Vuurwarm kerrie teen die winterkoue

In Tamil is dit kari, in Engels rym dit met hurry en volgens baie Boere móét dit by ʼn kerkbasaar saam met Tastic-rys bedien en met gemmerbier afgesluk word. Maar as ʼn mens bietjie in die verlede gaan delf of bereid is om ʼn entjie te ry, besef ʼn mens gou kerrie kom al ʼn ver pad en het meer […]

10 Wilde foto’s en nog wilder feite

Diertjies, groot en klein, sterk en fyn, kom almal in Suid-Afrika voor. Ek het ’n paar van die pragtige wilde diere wat by ons lekke slaapplekke voorkom, gaan soek en ook ’n paar interessante brokkies oor dié bokkies en krokkies gekry. So pak jou verkyker, kamera, voëlkennerboek, stapskoene, sonskerm en sonhoed en gaan kyk watter […]

Karoo: nie net stof en vlaktes

Soms jaag mens deur die Karoo en die platgedrukte koppies flits vormloos verby … Jy ry kilometers aaneen en sien net ’n windpomp langs die pad of ’n dorpie wat hardkoppig soos ’n vetplant op die vlaktes oorleef. Wanneer jy egter gaan stilstaan en stomstaan voor ’n Karoo-sonsondergang, dan tref dit jou. Jy sien die skoonheid en sielsrus […]

10 somerstrande waar jy die magdom mense kan vermy

“Op die strand, rooi verbrand. Ronde klippies in jou hand. Streepsambreel, ronde bal. Seesproei wat soos motreën op jou kop val,” sing Laurika. As jy graag ‘n plekkie ver van die rooi lywe soek om jou strandhanddoek oop te gooi – loer bietjie hieronder! Ek het ‘n paar versteekte strande ontdek waarvan die magdom vakansiegangers […]

Ons vlag lê die wêreld vol: bekyk hom uit die buitenste ruim!

Ek het nog altyd gedink ’n vlag is te plat en leweloos om ’n dinamiese ding soos ’n land en sy mense te verteenwoordig. Giant Flag se projek het my wel anders oortuig. Hierdie vlag is meer as net ’n simbool. Hierdie vlag is een wat groei, net soos die land wat dit verteenwoordig. Giant Flag […]

Koffie: troos vir boere én stadsjapies

LekkeSlaap het gedink die beste manier om die dag te begin, is om ’n bietjie meer uit te vind oor hierdie hemelse drankie: Koffie. Miskien vra jy jouself af: “Wat het dit nou eintlik met reis en vakansie uit te waai?” Die antwoord is baie eenvoudig: “Alles!” Ek dink dis veilig om te sê die Groot […]

Ontdek jou blou bloed!

Eers het Charlize Theron ons laat wens ons kan ‘n goue beeldjie (eerder as nog ‘n koeksister) vashou, toe het Charlene Wittstock se liefde vir Prins Albert van Monaco ons na sprokiesverhale laat hunker. Maar vandag vergeet ons vir een oomblik van die media se lawaai oor die bekroondes, bekendes en glanspersone wat baie paddas […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang