Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

7 Boomhuise vir grootmense

Verbeel jou jy sit in die mik van ‘n reusboom, ʼn newel van mis omgewe jou, ʼn klammigheid slaan op uit die woud se blaartapyt en woel die aardse reuk van bas los, die swaar stilte van miljoene roerlose blare word meteens verbreek deur die gutturale roep van ʼn knysnaloerie hier by jou, en as jy jou kop draai om […]

10 Wilde foto’s en nog wilder feite

Diertjies, groot en klein, sterk en fyn, kom almal in Suid-Afrika voor. Ek het ’n paar van die pragtige wilde diere wat by ons lekke slaapplekke voorkom, gaan soek en ook ’n paar interessante brokkies oor dié bokkies en krokkies gekry. So pak jou verkyker, kamera, voëlkennerboek, stapskoene, sonskerm en sonhoed en gaan kyk watter […]

Karoo: nie net stof en vlaktes

Soms jaag mens deur die Karoo en die platgedrukte koppies flits vormloos verby … Jy ry kilometers aaneen en sien net ’n windpomp langs die pad of ’n dorpie wat hardkoppig soos ’n vetplant op die vlaktes oorleef. Wanneer jy egter gaan stilstaan en stomstaan voor ’n Karoo-sonsondergang, dan tref dit jou. Jy sien die skoonheid en sielsrus […]

Kaapse Fynbos – klein maar “getrain”

Daar waar die protea aan die uiterste, suidwestelike punt van Afrika blom, daar sal jy die Kaapse Floraryk vind. Dié pragtige flora strek vanaf Clanwilliam in die Wes-Kaap tot Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Toe Jan en sy manne in die 16de eeu hier aan die Kaap geland het, het hulle die immergroen struike wat […]

Kaapstad na die Brand

Sewe dae na die verwoestende brand by Ou Kaapse Weg en Chapman’s Peak het ek en die fotograaf, Pieter Wolhüter, gaan ondersoek instel. Kyk na die pragfoto’s hieronder – jy sal nie glo hoe vinnig Moeder Natuur herstel nie! Daar is hoop!

Begin jou huweliksreis hiér: Kennedy’s Beach Villa

Kennedy’s Beach Villa bied absoluut eksklusiewe akkommodasie in die beeldskone natuurlike omgewing van Onrusrivier, net buite Hermanus op die Kaapse Walviskus. Die Villa is bekroon as een van die mees romantiese wittebroodbestemmings in die Wes-Kaap en is spesifiek ontwerp vir paartjies. By hierdie uiters private en elegante Villa, verbloem in ‘n Melkhoutwoud, word ‘n organiese […]

One&Only: Die storie agter die glorie

Ek het met hoë verwagtings by die One&Only aangekom. Die hotel word immers geag as die beste in Kaapstad en spog met ‘n rits toekennings agter sy naam. Die vyf sterre, die grootste swembad, internasionale bekendes as gaste … die een en die enigste. My verwagtings is egter op ‘n ongewone wyse oortref. Ja, hier […]

Outeniekwa/Harkerville-staptoer: die Tuinroete te voet

Vir my is daar niks wat naby die betowerende Tuinroete kom nie. Kan mens werklik die Tuinroete in ‘n blog-inskrywing opsom? Beslis nie! Daarom deel ek eerder my mees onlangse ontmoeting met dié hartsplek deur foto’s. Vir my is die Tuinroete sinoniem met vakansie: kampeer in die Tsitsikamma-woud naby die oulike stranddorpie Nature’s Valley of […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang