Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

10 somerstrande waar jy die magdom mense kan vermy

“Op die strand, rooi verbrand. Ronde klippies in jou hand. Streepsambreel, ronde bal. Seesproei wat soos motreën op jou kop val,” sing Laurika. As jy graag ‘n plekkie ver van die rooi lywe soek om jou strandhanddoek oop te gooi – loer bietjie hieronder! Ek het ‘n paar versteekte strande ontdek waarvan die magdom vakansiegangers […]

Egte Weskus-ervaring by Muisbosskerm, Lambertsbaai

Na ‘n paar stamperige kilo’s op ‘n grondpad kom ons uiteindelik by Muisbosskerm, ‘n spul droë bossies langs die pad. Muisbosskerm is 5 km suid van Lambertsbaai langs die R365 (Elandsbaai se grondpad) geleë. Hierdie buitelugrestaurant is so ampertjies op die strand; net 5 trappies en dan voel jy die sand tussen jou tone. Muisbosskerm het begin toe die […]

Die beste padstalle

‘n Padstal bring lafenis op die langpad. ‘n Baken van hoop op die horison. Dit is ‘n oase wat langs die warm teerpad opduik, gewoonlik net wanneer jy jou nuwejaarsvoornemens oor geduld begin vergeet. Want die huis is nog ver, die padkos is op, en die kinders skop sonder ophou teen jou rugleuning. Sodra die […]

By Bushmans Kloof kan julle liefde aan mekaar beloof

Bushmans Kloof is lafenis vir die siel. Hierdie luukse lodge is in die majestueuse Sederberge geleë en die ongerepte natuurskoon met sy ruwe rotse kontrasteer pragtig met die elegante interieur. Dit is die ideale plek vir ‘n wittebrood. Die Sederberge is 500 miljoen jaar oud en was vroeër die tuiste van groot troppe wild en die gelyknamige Sederboom. […]

10 Vinnige feite oor Kirstenbosch se Boomslang

Besoek jy dié somervakansie die Moederstad? Maak seker dat jy by Kirstenbosch Botaniese Tuine ʼn draai maak om die indrukwekkende Boomslang, ʼn loopbrug wat oor die blaardakke heen strek, te beleef. Ons het 10 vinnige feite oor dié argitektoniese reptiel versamel: 1. Die Boomslang is 130 meter lank. Hoewel dit korter is as wat oorspronklik beplan is, […]

Doendinge in die Kaap vir minder as R200

Besoek jy een van die dae die Moederstad? Of is jy ‘n Kapenaar wat net bietjie uit die huis uit wil kom die naweek? Hier is vir jou ‘n paar opsies vir doendinge in en om die Kaap wat jou minder as R200 uit die sak sal jaag. Maak ‘n Kaapse draai in die bloedrooi […]

Piekfyn pikkewyn! Ons vier Brilpikkewyn Bewustheidsdag

Die Afrika-pikkewyn staan ook, heel kostelik, as die brilpikkewyn bekend! Dis moontlik vanweë die pienk vlekkies bo hul oë wat hulle soos Elton John in ‘n manelpak laat lyk. En hierdie Saterdag, die 11de Oktober, is dit Brilpikkewyn Bewustheidsdag!  Daar is slegs 17 spesies pikkewyne wêreldwyd, en die brilpikkewyn is die enigste een wat op die Afrika-kontinent […]

Koffie: troos vir boere én stadsjapies

LekkeSlaap het gedink die beste manier om die dag te begin, is om ’n bietjie meer uit te vind oor hierdie hemelse drankie: Koffie. Miskien vra jy jouself af: “Wat het dit nou eintlik met reis en vakansie uit te waai?” Die antwoord is baie eenvoudig: “Alles!” Ek dink dis veilig om te sê die Groot […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang