LekkeSlaap blog
Skrywer: Elana Esterhuyse
A Hilltop Country Retreat, Swellendam
Aan die voet van die Langeberge, halfpad tussen Kaapstad en George, staan A Hilltop Country Retreat met ses kamers, méér persoonlikhede en nóg meer styl. Die perseel in Swellendam is stil en rustig, maar nie verlate nie. Die mure is skoon en afgewas, nie afgewater nie. Kunswerke staan rond en bont in elke kamer, maar […]
Once in Cape Town, ʼn vars briesie diep in Kloofstraat
Moderne, bekostigbare én veilige verblyf in die hartjie van Kaapstad? Dit klink soos een van daai stories wat jou ouers nie wíl glo nie en jou vriende nie kán glo nie. Sit ontbyt by die deal, en jy’s een stappie nader aan jou volgende botox-uitstappie. Die kreatiewes in Kaapstad is ‘n spesie wat gemaak is om […]
Piekenierskloof Mountain Lodge, Citrusdal
Oor ‘n plattelandse bestaan kan jy my min vertel. As kind het ek in Tuinstraat, ‘n doodloopstraat in Klawer, gewoon. Toe was daar nog nie ‘n Wimpy langs die dorp nie (en ‘n kuierplek is daar nou nog nie). Terwyl ek en my tweelingsuster se fiets veilig op die bure se onomheinde grasperk gelê het, […]
Pad Na Jou Hart se “roadtrip”
Pad Na Jou Hart, die romantiese avontuurfilm met Ivan Botha, Donnalee Roberts en Marius Weyers, het sopas die R10 miljoen kerf by die loket verbygesteek. Dit is die tweede Afrikaanse film ooit (naas Liefling) wat hierdie prestasie kon bereik, en LekkeSlaap kan nie help om van oor tot oor te glimlag nie: ons was die […]
Troef jou moegheid só!
Verbeel jou ‘n plek waar geen motors verbyjaag en spoedvrate die verkeersligte ignoreer nie, ‘n plek sonder spitsverkeer en die geraas van swaar voertuie op ‘n besige pad. Hierdie plek bestaan, en jy hoef nie ure te ry, land-uit te vlieg, of op ‘n eiland te gaan kuier om dit ten volle te ervaar nie! […]
Lagoon Beach Hotel, waar dit alles so mooi saamkom!
Daar is net een hotel in Kaapstad met direkte strandtoegang, en dit is die luukse Lagoon Beach Hotel**** in Milnerton, een van die nuutste toevoegings op LekkeSlaap se aanlyn-databasis. Hierdie hotel is 20 km van Kaapstad Internasionale Lughawe en 7-8 km van die Kaapse middestad en V&A Waterfront af. Ons span is onlangs uitgenooi na […]
Moeg? Wat van Baruch?
Die LekkeSlaap-span het onlangs by Baruch Gastehuis gaan inloer, ‘n gastehuis met baie interessanthede en stories! Baruch, ‘n Hebreeuse woord wat “seëning” beteken, is die geesteskind van Natalie Scheepers van Stellenbosch wat drie jaar gelede haar huishulp, Rosie, se potensiaal raakgesien het as ywerige bestuurder en huishoudster. ‘n Jaar later is ‘n ou huis omskep […]
Ek en my meisie bly in ’n … huisie?
As dié liriek van wyle Worsie Visser nie ‘n huppel in jou stap sit nie, het dit miskien tyd geword dat jy die pad vat en rustig raak, weg van die stad se lawaai en alewige gebrom van karre op hoofpaaie en groepe mense in klein kantoortjies. Ons LekkeSlaap-span het lekke verblyf-opsies gaan soek wat […]