Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Wes-Kaap

Sien is glo, maar proe is wragtig …

 Sê ‘Ja’ vir lekke Vrydae … Vrydae word gekenmerk deur ‘n bekoorlike feesstemming wat heers van sonop tot saans, en onlangs is een van my Vrydae van lekke na ongelooflik lekke bevorder toe ek ‘ja’ gesê het … Hokaai, dis nie wat jy dink nie! My ‘ja’ was nie op dáárdie vraag nie, maar op […]

Hierdie boot sal ek vir niks mis nie: Knysna Boat Trips

Dis Saterdagoggend in Knysna, sinoniem vir hemel, en boonop is ek dik geëet aan Knysna Hollow Country Estate se heerlike ontbyt. Daar is nie ‘n wolkie in die lug nie en ek is so reg soos ‘n roer vir Knysna Boat Trips se eko-safari. Nadat die gidse ons hartlik welkom heet is die lot my […]

A Hilltop Country Retreat, Swellendam

Aan die voet van die Langeberge, halfpad tussen Kaapstad en George, staan A Hilltop Country Retreat met ses kamers, méér persoonlikhede en nóg meer styl. Die perseel in Swellendam is stil en rustig, maar nie verlate nie. Die mure is skoon en afgewas, nie afgewater nie. Kunswerke staan rond en bont in elke kamer, maar […]

Saronsberg: stilte en skoonheid

Vra vir enige Kapenaar waarheen mens moet gaan om ‘n sneeuman te bou en hy of sy sal sonder om te dink sê: “Ceres!” As die Kapenaar waarmee jy sneeupraatjies staan en maak ook lang hare en ‘n sonbril op het wat hom soos ‘n bidsprinkaan laat lyk, sal hy jou ook waarskynlik vertel van […]

5 avontuurlike doendinge in Swellendam!

Ek het altyd gedink Swellendam is net nog ‘n dutjiesdorp – een wat slegs een maal ‘n jaar ontwaak vir die Bessiefees, en dan tydens die spitsseisoen skaars ‘n ooglid verroer soos vakansiegangers verbyskiet van Kaapstad na die Tuinroete. Maar ek is in die ongelyk gestel! Hoewel die alledaagse lewe in só klein dorpie natuurlik […]

10 bekoorlike koffiewinkels in Kaapstad

Die winter het sy koue kloue die afgelope paar weke behoorlik in Kaapstad ingeslaan. Hierdie tyd van die jaar verruil Kapenaars sonbaaisessies en mengeldrankies op die strand vir ontwerperskoffie en soetgebak in kunstige koffiewinkels. LekkeSlaap het die beste koffie in Kaapstad vir jou opgespoor. 1. Rosetta Roastery, Woodstock Rosetta Roastery is dié koffiewinkel in Woodstock se […]

Once in Cape Town, ʼn vars briesie diep in Kloofstraat

Moderne, bekostigbare én veilige verblyf in die hartjie van Kaapstad? Dit klink soos een van daai stories wat jou ouers nie wíl glo nie en jou vriende nie kán glo nie. Sit ontbyt by die deal, en jy’s een stappie nader aan jou volgende botox-uitstappie. Die kreatiewes in Kaapstad is ‘n spesie wat gemaak is om […]

Besoek Frankryk in Franschhoek, Wes-Kaap

Franschhoek se groen wingerde, kranskopberge, fynproewerskos en ouwêreldse bekoring maak hierdie dorpie ‘n ewebeeld van Provence. Die mense wat weet verwys nie verniet na Franschhoek as die kos- en wynhoofstad van Suid-Afrika nie! As Frankryk jou hart vinniger laat klop en jy wil weet waarheen om te gaan wanneer jy hierdie stukkie paradis in Suid-Afrika […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang